af All About Guavas 2017-12-20T09:01:14+00:00

Geskiedenis van Koejawels in Suid-Afrika

Die koejawel (Psdium guajava) is ‘n tropiese vrug wat sy oorsprong het in tropiese Amerika (Mexico en Peru). Die Portugese het koejawels wêreldwyd versprei en Mpumalanga bereik vanaf Mosambiek en die Wes-Kaap vanaf Madeira gedurende die 19de eeu. Die eerste kommersiële koejawelboord is gedurende 1890 by Faan Retief, in die Paarl geplant,

Hierdie koejawelbome by Palmiet Vallei Landgoed is die direkte uitvloeisels van die oorspronklike kultivars wat na Suid-Afrika gebring is.

Hoof Kultivars  

Baie verskillende koejawel kultivars is gekweek in die Kaap. Hierdie kultivars is geplant, maar slegs die beste bome is gekies vir verdere verbouing. Die hibrides wat ontwikkel is, is vernoem na die produsente wat dit gekweek het. Dit sluit in name soos Malherbe, Rousseau, Du Preez, van Zyl, en Faan Retief. Alhoewel nuwe kultivars gedurigdeur getoets word, maak die Faan Retief kultivar (pienk vleis), wat in die Wes-Kaap ontwikkel is, 90% van alle kommersiële aanplantings uit.