’n Koejawel spyskaart geskik vir ‘n koning.
10 ml Chinese vyf spesery mengsel
125 ml tamatiesous
125 ml sojasous
125 ml suiker
125 ml koejawel konsentraat
1 knoffelhuisie, fyngemaak
a 2 cm stukkie gemmer, gerasper
6 hoenderboude
6 hoenderdye |
Voeg speserye, suiker, koejawelkonsentraat, knoffel en
gemmer bymekaar. Gooi mengsel oor die hoender en
marineer oornag. Bak, rooster of braai die
gemarineerde hoender tot gaar.
 |
Bedien 6 |
Was omtrent 2kg ferm, ryp koejawels.
Skil, sny die stingel en onderkant af en sny in skywe.
Kook die koejawels in 750ml water tot sag.
Druk die gekookte koejawels deur ‘n sif om van die
pitte ontslae te raak.
Voeg 500ml suiker vir elke 2 liter nektar by. Verhit
en roer totdat die suiker opgelos is.
Voeg water by tot die puree dun genoeg is om te drink.
Wenk: Om koejawel nektar te vries, plaas in a lugdigte houer
en laat ‘n opening van 3mm vir uitsit. Dit
kan tot ‘n jaar teen 0 grade geberg word.
Skil ferm en ryp koejawels en sny elk in die helfte.Verwyder
al die kneusplekke en beskadigde dele van die vrug.
Pak vrugte in bottels en gebruik onderstaande stroop
riglyne.
Berei die stroop voor deur 250ml suiker in 500ml water op te los
en dan te kook. (Ongeveer 250-350ml stroop per groot glasbottel
word benodig en 125-200ml stroop vir ‘n kleiner bottel.)
Plaas die geskilde koejawels in die kokende stroop en
kook omtrent 10-15 minute of totdat ‘n lagie bo-op die stroop
vorm of totdat die pitte los gaan.
Wees versigtig om nie die koejawels te gaar te maak nie.
Oorgaar koejawels verloor die pitte.
Verwyder al die etikette van die glasbottels deur dit in
water te laat le. Steriliseer die bottels met kookwater vir
30 minute. Bottels
moet ‘n metaaldeksel he en moenie gekraak of stukkende
plekkies aan he nie.
Haal die bottels uit die kookwater en skep die gekookte
koejawels in. Vul dan
met stroop tot bo.
Verwyder al die lugborrels deur ‘n mes teen die binnekant
van die bottels in te druk. Maak die deksel dig toe en
plaas die bottels onderstebo terwyl dit afkoel. Dit
sal verseker dat die bottels deeglik seël.
Enige bottels wat lek, moet verkieslik dadelik gebruik
word.
1kg koejawels, afgeskil
+/- 4 koppies suiker
1½ koppies water
Maak 1 Kilogram
Sny koejawels in die helfte en verwyder die pitte.
Week die pitte in ‘n koppie water.
Plaas die koejawels en die res van die water in ‘n
pan, bring tot kookpunt, verminder hitte en prut tot baie
sag. Dreineer die
water van die pitte en voeg dit by die koejawels.
Verwyder die pitte.
Maak die koejawels in ‘n voedselverwerker fyn en
plaas in ‘n swaar pot.
Voeg dieselfde hoeveelheid suiker by en kook oor lae
hitte terwyl aanhoudend met ‘n houtlepel geroer word en die
mengsel dik is. Toets
of die mengsel reg is deur ‘n bietjie jellie op ‘n ysblokkie
te te laat val. As
dit in een stukkie afgehaal kan word, is die pasta reg.
Verwyder van die hitte en meng met ‘n houtlepel vir
10 minute of totdat dit ‘n dik mengsel is.
Voer ‘n Pyrex bak met waspapier uit en gooi die pasta
bo-oor. Laat staan
vir 24 uur. Plaas
foelie oor om goed te stoor.
Om mengsel te droog, plaas die gekookte pasta op waspapier
en maak toe met ‘n kaasdoek.
Plaas in die son en laat 2 dae toe om droog te word.
Onthou om gereeld om te draai.
Maak die koejawels in ‘n voedselverwerker fyn.
Druk deur ‘n sif om die pitte te verwyder.
Voeg suiker na smaak by.
Kook stadig op die stoof of mikrogolf teen matige
hitte. Laat afkoel.
Gooi in houers en vries.
Koejawel Smoothee
½ koppie koejawelsap
1 skep vanilla roomys of laevet joghurt
1 teelepel macadamia neute, gekap
½ piesang
¼ vars pynappel (afgeskil en ontpit)
4 aarbeie
Meng al die bestanddele vir 10 sekondes. Voeg 4-6
ysblokkies by. Meng op hoë spoed vir 30 sekondes. Garneer
met 'n skyfie pynappel en koejawel en geniet!
|