Die Koejawel Produsente Vereniging is ‘n
vrywillige instelling van koejawel produsente in
Suid-Afrika. Ons missie is om die belange van
die koejawelprodusente en ons vennote in die
Suid-Afrikaanse koejawelbedryf te bevorder en
bied bemarking, tegniese en logistieke
ondersteuning aan.
Om die koejawelbedryf tot sy volle potensiaal in volume en
waarde te laat groei, om dit ekonomies moontlik te maak vir
die produsente om in koejawelboorde te investeer en volop
werksgeleenthede in die landbou sektor te bied.
Die hoof doelwit van die Koejawel Produsente Vereniging is
om ‘n forum daar te stel waardeur sake wat betref die
koejawelbedryf, uitgelig en aangespreek kan word
Spesifieke doelwitte is:
-
om die koejawelbedryf deur bemarking en innovering te
ontwikkel
-
om die langtermyn aanbod van koejawels en koördineer
-
om enige probleme wat die bedryf as geheel in die gesig
staar, aan te spreek
-
om as ‘n raadgewende liggaam op te tree en tegniese
ondersteuning vir produsente te bied
-
om koejawelprodusente op verskeie forums te verteenwoordig,
soos: Regeringsliggame, die inmaakbedryf, uitvoerliggame,
internasionale handelsake, landbou, arbeid, ens.
-
om bedryfstransformasie te bestuur
|