|
Ongeveer 45 000 ton koejawels word jaarliks vir vars verkope en
verwerking in Suid Afrika, geoes.
Dit sluit die groot volume koejawels wat deur informele
handelaars verkoop word, uit. Die grootste hoeveelheid
koejawels (waarvan 25 000 ton geproduseer word in die Wes
Kaap) word verwerk na sapprodukte,
terwyl 24% (10 000 ton) verkoop word aan die formele vars mark.

Koejawels kan regdeur die jaar op verskillende maniere,
geniet word.
Dit sluit in:
In
die wintermaande, gedurende April en September, kan vars
koejawels by vrugte- en groentewinkels, supermarkte,
varsprodukte markte en plaasstalletjies bekom word.
Daar is niks beter as om ‘n ryp, sappige koejawel te eet
nie.
Uitgesoekte koejawels word geoes wanneer dit perfek ryp is en
dan na ‘n inmaakfabriek geneem waar dit gesorteer, afgeskil en
ingemaak word.
Ingemaakte koejawels is ook ‘n waardevolle uitvoer inkomste vir
die land.
Groot hoeveelhede koejawels word geoes en pulp of konsentraat
word vir die gebruik van sap gemaak.
Niks klop 100% suiwer koejawelsap nie.
Die sterk koejawelgeur maak dit ook ideaal vir mengsels met
ander vrugtesappe.
Gedroogde en versuikerde koejawels, 'n gunsteling
Suid-Afrikaanse happie. |