Die koejawel (Psdium guajava) is ‘n tropiese
vrug wat sy oorsprong het in tropiese Amerika
(Mexico en Peru). Die
Portugese het koejawels wêreldwyd versprei en
Mpumalanga bereik vanaf Mosambiek en die
Wes-Kaap vanaf Madeira gedurende die 19de eeu. Die
eerste kommersiële koejawelboord is gedurende
1890 by Faan Retief, in die Paarl geplant,
Hierdie koejawelbome by Palmiet Vallei Landgoed
is die direkte uitvloeisels van die
oorspronklike kultivars wat na Suid-Afrika
gebring is.
|